Netwerk24:

 

Op die Karoofees kom sestien tentoonstellings rondom die tema My Land, My Land. Laetitia Pople het met Elfriede Dreyer, kurator van die program vir visuele kuns by die fees, gesels. 

Vir Elfriede Dreyer is dit belangrik om die visuele program op die Klein Karoo Na­sionale Kunstefees so inklusief moontlik te maak.

Elfriede Dreyer is die kurator van die visuelekunsprogram van die KKNK. Langs haar is die beeldhouer Collen Maswanganyi, se beeld Technology at its best, 2005. Foto: Theana Breugem 

“Om sodoende ’n werklike blik op kunsproduksie in ons land te kry. Ek wil ook denke, tendense en debatte uitlig en gesprekke ontlont oor wat in ons land en in die wêreld aan die gang is.”

Vanjaar het sy as tema gekies My Land, My Land. Sy beskou dit nie net letterlik oor grond of ander politieke vraagstukke wat tans die gemoedere laat hoog loop nie, maar ook oor eienaarskap, identiteit en behorendheid…

 

Lees hele stuk op: http://www.netwerk24.com/vermaak/2015-03-24-elfriede-dreyer-wil-werklike-blik-op-sa-kunstoneel-gee