Click here to go to a Very exciting Breytenbach Sentrum Youtube Channel
Click here to go to Breytenbach Sentrum Website
Breytenbach Sentrum 145
VIRTUELE BEKENDSTELLING VAN BREYTEN BREYTENBACH SE KUNSUITSTALLING SKEURSELS EN VOLKSBOEKIE OF ’N TRAKTAAT HOKHOKAAI FRAGMENTE IN WELLINGTON
Die digter en kunstenaar Breyten Breytenbach het nie stilgesit sedert die Covid-19 pandemie almal in die wêreld se doen en late van Maart 2020 op alle terreine drasties ingeperk het nie. Die resultaat is ’n volksboekie of ’n traktaat, HOKHOKAAI FRAGMENTE, en ’n uitstalling, SKEURSELS, van nuwe kunswerke wat op Saterdag 10 Julie 2021 van 11h00 virtueel van die Breytenbach Sentrum in Wellington by www.breytenbachsentrum.co.za bekendgestel sal word.
BREYTEN HELP BREYTENBACH SENTRUM MET SKEURSELS EN HOKHOKAAI FRAGMENTE
Breytenbach het die bundel en kunswerke spesiaal geskep as deel van die Breytenbach Sentrum se projek Woordmakersvallei en die nuutgeskepte Grevilleas Steunfonds om fondse in te samel om die voortbestaan van dié gemeenskapsentrum in die hartjie van Wellington te verseker. Breytenbach het saam met sy ouers en jongste broer en suster in Grevilleas gewoon.
DIE GREVILLEAS STEUNFONDS – KAN JY HELP?
Die Breytenbach Sentrum samel tans broodnodige fondse in om die voortbestaan van die Sentrum te verseker. Daarvoor is die Grevilleas Steunfonds begin. Die Breytenbach Sentrum is ‘n kuns-en kultuursentrum waar alle lede van die gemeenskap tuis kan wees en aan verskillende opleidingsprogramme en ander interaktiewe projekte kan deelneem. Die Sentrum (en sy terrein, geboue en personeel) maak verskeie gemeenskapsprojekte – van naaldwerk-, rekenaar- en dagsorgopleiding tot dramaklasse – moontlik.
Enige eenmalige kontantbydrae van enige bedrag (’n maandelikse aftrekorder sal ook waardeer word) kan inbetaal word by: Breytenbach Kultuursentrum, Nedbank, 1029022739, Wellington (198765), verwysing: Steunfonds