fbpx

Kaapse fees bied nog baie vermaak tot Saterdag

Die Burger:

 

Kaapstad. – Die agtste Infecting the City, ’n fees van openbare kuns, duur nog tot Saterdag.

Themba Mbuli in die dansstuk Dark Cell wat op Infecting the City, die fees van openbare kuns in Kaapstad, te sien is. Foto: LERATO MADUNA

Die publiek kan die Moederstad bedags en saans op ’n gans ander manier beleef danksy plaas­like en internasionale kunstenaars, dansers en marionette wat die stad behoorlik op horings neem.

Bowendien is al die pret en verwondering gratis.

Vandag en môre word onder meer die performance-kunstenaars Neliswe Xaba en Mocke J. van Vuuren se Uncles & Angels om 18:20 op die Hiddingh-kampus aangebied, en daarna om 19:00 word Say Yes or Die! deur Anne Rochat en geselskap in die Kompanjiestuin aangebied.

Vrydag om 12:00 en Saterdag om 10:00 is daar ’n parade van reuse-marionette op Thibault-plein. Vrydag om 13:00 en Saterdag om 11:00 tree dié kleurryke en kostelike marionette by die Kaapstadse stasie op.

Katie Urban, New Yorkse interdissiplinêre kunstenaar, bied môre om 13:40 en Saterdag om 11:40 haar Processional Walkway for Art in Odd Places aan. Hiermee skep sy kuns op onverwagse plekke – die verrassingsfaktor dra by tot die gehoor se genot en ontsag. Haar inspirasie is die blommekuns in antieke tempels.

Asanda Kaka en Valentina Argirò bied môre om 13:30 en Saterdag om 11:30 3600 a day, ’n installasie van vroueklere, aan wat herinner aan die getal verkragtings per dag in Suid-Afrika.

 

Lees hierdie en ander interesante kuns stukke op: http://www.dieburger.com/vermaak/2014-03-13-kaapse-fees-bied-nog-baie-vermaak-tot-saterdag

2018-10-23T17:08:34+00:00