Die Kanna-wenners word op Sondag, 24 April by ’n prysuitdelingsgeleentheid in Kaapstad aangekondig. Stephan Erasmus maak die wenners se beeldjies.
Die Kannapaneel het besluit op die volgende nominasies in elf kategorieë:
Kanna vir Beste Teateraanbieding
Nouliks of niks: Kort stukke deur Samuel Beckett
Rooivalk
Sizwe Banzi is Dead
Kanna vir Beste Akteur
Atandwa Kani (Sizwe Banzi is Dead)
Mncedisi Shabangu (Sizwe Banzi is Dead)
Wilhelm van der Walt (Maan.Sterre)
Kanna vir Beste Byspeler: Manlik
Dawid Minnaar (Die huis van Bernarda Alba)
Albert Pretorius (Hond se gedagte)
Dean-John Smith (Die dag is bros)
Kanna vir Beste Aktrise
Nicole Holm (Hensop!)
Anthea Thompson (My briljante egskeiding)
Tinarie Van Wyk Loots (Hemelruim)
Kanna vir Beste Byspeler: Vroulik
Lida Botha (Die huis van Bernarda Alba)
Karli Heine (Hensop!)
Greta Pietersen (Maan.Sterre)
Kanna vir Beste Musiekproduksie
Boontoe! Engelstemme vir Paassondag
Charl du Plessis Boogie Woogie Big Band
Die Afrikaansvatter
Kanna vir Beste Klassieke Musiekuitvoering
Ben Schoeman speel Robert Schumann
Corelli à la mode
Fragment
Kanna vir Beste Regie
Wolf Britz (Hensop!)
Jaco Bouwer, Wolf Britz, Lara Bye, Amy Jephta en Sandra Temmingh (Nouliks of niks: Kort stukke deur Samuel Beckett)
John Kani (Sizwe Banzi is Dead)
Kanna vir Beste Debuutwerk
Die Afrikaansvatter
Klara Maas se hart is gebreek
Nouliks of niks: Kort stukke deur Samuel Beckett
Kanna vir Beste Opkomende Kunstenaar
Early-B (Rymklets van Oos tot Wes)
Mthuthuzeli November (A Thousand Shepherds)
David Viviers (Klara Maas se hart is gebreek)
Kanna vir Beste Visuele Kunsaanbieding
Lucia Boer (kurator van Catalyst)
Sandra Hanekom (kurator van Hartgenoot. Kultuurgenoot: 100 jaar)
Trent Read (kurator van Palimpsest)
Vanjaar se Kannapaneel was Danie Marais (sameroeper), Retha Bornmann, Cornelia Faasen, Deon Maas, Thami Mbongo, Laetitia Pople, Louis Pretorius, Clive Smith, Malan Steyn, Mareli Stolp en John Theodore.
Die 23ste KKNK word van Saterdag, 8 April tot Saterdag, 15 April 2017 op Oudtshoorn aangebied.