fbpx

Kunstenaar Peter Clarke sterf op 84

Beeld:

 

Die Kaapse kunstenaar Peter Clarke is gister (13 April) dood. Hy was 84.

Clarke, wat al beskryf is as “die stil kroniekskrywer” van die Suid-Afrikaanse geskiedenis, het in sy vroeë 20’s al besluit om heeltyds kunstenaar te wees. In die 1950’s was dit ’n uitsonderlike ambisie vir ’n jong, swart man in Suid-Afrika.

Dié foto van Peter Clarke vroeër vanjaar op die Kaapstadse kunsmark word met die vergunning van SA Art Times gebruik.

Clarke het nietemin volgehou en vir 60 jaar nie net ’n groot bydrae gelewer tot Suid-Afrikaanse kuns nie, maar ook die land se sosiale en politieke geskiedenis in sy werk vasgevang.

Sy werk bied geen blatante kritiek op apartheid nie, maar dui eerder op subtiele manier op die uitwerking van die stelsel op mense en gemeenskappe.

In 2011 is sy werk onder die titel Listening to Distant Thunder: The Art of Peter Clarke in die Standard Bank-galery in Johannesburg aangebied. ’n Oorsiguitstalling is verlede jaar in Londen aangebied.

 

Lees hierdie en ander kuns stukke op: http://www.beeld.com/vermaak/2014-04-14-kunstenaar-peter-clarke-sterf-op-84

2014-04-22T00:00:00+00:00