fbpx

Oltmann towenaar met draad

Beeld | Johan Myburg:

 

In the Weave, ’n uitstalling van Walter Oltmann wat bestaan uit werk van die afgelope sowat 30 jaar, het pas in die Standard Bank-galery in Johannesburg begin.

Walter Oltmann se Larva Suit II, 2004, aluminiumdraad (210 x 152 x 50 cm), een van die werke in die uitstalling In the Weave.

Die uitstalling is saamgestel deur Neil Dundas, kurator van die Goodman-galery in Johannesburg. Dit is die galery waar Oltmann verlede jaar werk vertoon het onder die titel Penumbra.

Die titel vir die nuutste uitstalling gryp Oltmann se kenmerkende kunspraktyk vas: Dié van binder en vlegter met draad van haas enige soort – van bind- en koperdraad tot geanodiseerde aluminium. En sy ragfyn tekenwerk is niks minder nie as vleg met grafiet.

Die werk wat Dundas gekies het, bied ’n blik op Oltmann as beeldhouer (van driedimensionele tekeninge) wat tydsaam dikwels besonder groot werke vleg. Beelde wat teruggryp én ingryp op etlike Afrika-tradisies.

Die uitstalling duur tot 29 Maart en is van Maandag tot Vrydag van 08:00 tot 16:30 en Saterdae van 09:00 tot 13:00 in die galery op die hoek van Simmonds- en Frederickstraat in Johannesburg te sien.

Navrae: 011 631 4467

Besoek ook ​standardbankarts.co.za.

 

Lees hierdie en ander interesante kuns stories op: http://www.beeld.com/vermaak/2014-01-29-oltmann-towenaar-met-draad

2018-10-23T17:07:17+00:00