Parys se SA kuns nou in Pretoria

Beeld:

 

As deel van die Frans-Suid-Afrikaanse seisoen kon Parysenaars verlede jaar die uitstalling Dialogues 2013 in die Orangerie du Senat in die Luxembourg-tuin sien.

Dié uitstalling is nou tot 1 Maart in die Mackiestraat-galery van die Kunsvereniging Pretoria te sien.

Pieter van Heerden, direkteur van die Kunsvereniging Pretoria, is die kurator van die uitstalling.

Die werke van verskeie vorige ontvangers van die Gerard Sekoto-kunsprys is ingesluit.

Die volledige lys kunstenaars wie se werk te sien is, is Janine Allen, Philip Badenhorst, Hanneke Benadé, Tanisha Bhana, Ben Botma, John F. C. Clarke, Johan Conradie, Carla Crafford, Cleone Elizabeth Cull, Maureen de Jager, Frikkie Eksteen, Retha Ferguson, Penny George, Pauline Gutter, Carl Jeppe, Marlise Keith, Gregory Kerr, Amita Makan, Relebogile Malatji, Estelle Marais, Isabel Mertz, Aleta Michaletos, Gwen Miller, Daniel Rankadi Mosako, Craig Müller, André Naudé, Bongumenzi Sibongiseni Ngobese, Vulindlela Nyoni, Malose Pete, Annette Pretorius, Themba Shibase, Peter Sibanda, Bambo Sibiya, Avitha Sooful, Jaco Spies, Lynette ten Krooden, Strijdom van der Merwe en Diane Victor.

Navrae: Skakel 012 346 3100.

 

Lees hierdie en ander kuns stukke op: http://www.beeld.com/vermaak/2014-02-14-parys-se-sa-kuns-nou-in-pretoria

2018-10-23T17:07:43+00:00