fbpx

Praatjies deur kunslui op Hermanus FynArts

Die Burger:

 

Hermanus. – By die tweede Hermanus Fyn­Arts van 7 tot 17 Junie sal kunstentoonstellings en kunspraatjies aangebied word.

Op Saterdag 7 Junie om 11:15 sal die skrywer Christopher Hope ’n bespreking in die munisipale ouditorium oor satire en kuns lei. Die beeldhouer Jaco Sieberhagen, die kunstenaar Richard Smit en die joernalis John Scott sal deelneem.

Fred Scott

Die portretkunstenaar Cyril Coetzee sal om 15:15 in die ouditorium oor portretkuns gesels.

Die keramiekkuns van die Ardmore-ateljee in die Drakensberg word om 16:00 deur die kunshistorikus Mi­riam Buch Rothman in die Marine Hotel bespreek. Sy sal Maandag om 10:00 in die ouditorium oor Zoeloe-artefakte praat.

Marilyn Martin praat op 8 Junie om 10:00 in die ouditorium oor Suid-Afrikaanse kuns op die internasionale toneel. Stefan Hundt, kurator van Sanlam se korporatiewe kunsversameling, praat op 9 Junie om 11:15 oor State of the Art: Collector, Speculator, Auctioneer, Smous. Fred Scott, ’n beleggingskunskenner, praat op 12 Junie om 16:00 in die Ma­rine Hotel oor wat maak goeie kuns goed. Die kunstenaar Gerard Sekoto is die fokus van Barbara Lindop se praatjie wat op 11 Junie om 11:15 plaasvind. Helen Granville praat op 12 June om 11:15 in die United Church oor kwilts. Op 15 Junie om 18:00 sal Simon Bannister in die Windsor Hotel praat oor die landkunswerke wat feesgangers tydens hul begeleide wandelinge geskep het.

Besoek​ www.Hermanusfynarts.co.za

 

Lees hierdie en ander interesante kuns stukke op: http://www.dieburger.com/vermaak/2014-05-27-praatjies-deur-kunslui-op-hermanus-fynarts

2014-05-28T00:00:00+00:00