fbpx

Seldsame blik op Rorke’s Drift

Beeld | Johan Myburg:

 

Die nalatenskap van die Rorke’s Drift-kuns-en-kunshandwerksentrum in KwaZulu-Natal kom ter sprake in ’n uitstalling wat Maandag in Museum Africa in Newtown, Johannesburg, begin.

St Mary’s Mission School 1973, ’n linodruk van John Muafangejo, is te sien in Impressions of Rorke’s Drift – The Jumuna Collection.

Vir Impressions of Rorke’s Drift – The Jumuna Collection het Thembinkosi Goniwe, kurator, geput uit die kunsversameling van die Durbanse Jumuna-familie.

Die Jumunas het sedert die 1960’s grafiese drukwerk van Rorke’s Drift versamel en Goniwe het werk van familielede van oor die wêreld heen vir die eerste keer in ’n uitstalling byeengebring. Hy het dié werke aangevul met enkeles uit die versameling van die Durbanse Kunsmuseum.

Impressions of Rorke’s Drift is verlede jaar in dié kunsmuseum vertoon.

Omdat daar geen amptelike Rorke’s Drift-argief of permanente versameling bestaan nie, is dié uitstalling besonders.

Die Rorke’s Drift-sentrum het ’n leeue-aandeel in Suid-Afrikaanse kuns gehad, veral ten opsigte van grafiese drukwerk. Dit het ook ’n vormende invloed op etlike voorste kunstenaars gehad – mense soos Sam Nhlengethwa, Pat Mautloa, John Mua­fangejo, Kay Hassan, Dumisani Mabaso, Bongiwe Dhlomo, Azaria Mbatha, Paul Sibisi, Lionel Davis en Sandile Zulu.

Die uitstalling duur tot 25 Mei. Maandag om 10:00 is Goniwe in die museum vir ’n begeleide toer.

 

Navrae: 011 833 5624.

In Museum Africa is die foto-uitstalling Rise and Fall of Apartheid: Photography and the Bureauc­racy of Everyday Life ook nog tot 29 Junie te sien.

 

Lees hierdie en ander interesante kuns stukke op: http://www.beeld.com/vermaak/2014-03-06-seldsame-blik-op-rorkes-drift

2018-10-23T17:08:25+00:00