Straatkunstenaar gaan sy werke ná uitstalling vernietig

Beeld | Reuters:

 

 

Die kunswerke wat tans in ‘n nuwe Londense galery uitgestal word, is nie te koop nie en die skepper van die skilderye beplan om hulle te vernietig sodra die uitstalling verby is.

‘n Besoeker aan die Howard Griffin-galery in Londen neem ’n foto van die kunstenaar Phlegm se uitstalling The Bestiary. Die kunswerke in dié uitstalling is nie te koop nie en die kunstenaar is van plan on hulle te vernietig sodra die uitstalling verby is. Foto: REUTERS

Die kunstenaar, wat slegs as Phlegm bekend staan, het nie die opening van die uitstalling, getiteld The Bestiary, bygewoon nie en staan nie onderhoude toe nie.

Die eienaar van die Howard Griffin-galery, Richard Howard-Griffin, is van plan om sy huur te befonds uit die opbrengs van verkope uit ander uitstallings. Sy galery is die eerste om ruimte af te staan aan ‘n kunstenaar wat reeds erkenning in die ondergrondse kunswêreld verwerf het en met duisende aanhangers spog.

“Phlegm word wêreldwyd gerespekteer,” het Howard-Griffin gesê van dié kunstenaar wat reeds meer as ‘n dekade lank enorme muurskilderye regoor Europa en die VSA skilder.

Straatkuns spog deesdae met ‘n massa-gehoor, aangesien die internet en slimfoom-kameras mense in staat stel om kunswerke af te neem en wêreldwyd te versprei.

Howard-Griffin noem dit die “demokratisering van kuns” en het gesê hy wil hê die galery moet as ‘n kanaal vir ‘n nuwe generasie kunstenaars optree, eerder as ‘n arbiter.

In die verlede is Jan Publiek deur museums aan kuns blootgestel en die kunstenaar het vir erkenning op ‘n elite gehoor van galery-eienaars en museum-kurators staatgemaak, het Howard-Griffin gesê.

“Straatkuns lok ‘n groot gehoor, maar dit het nie ‘n elite gehoor nie,” sê hy.

Phlegm, wat volgens Howard-Griffin min gepla is oor geld, voer ‘n beskeie bestaan deur ‘n beperkte aantal van sy afdrukke en boeke dierek aan aanhangers te verkoop.

 

Lees hierdie en ander kuns stukke op: http://www.beeld.com/vermaak/2014-02-11-straatkunstenaar-gaan-sy-werke-n-uitstalling-vernietig

2018-10-23T17:07:32+00:00