Thom sit sy ‘Animal’-reeks voort

Beeld:

 

’n Nuwe reeks werke van Johan Thom in sy Animal Series is van Sondag te sien in die Nirox Project Room in Arts on Main in Johannesburg.

Dié nuwe werke, steeds te doen met die skedel van ’n Afrika-olifant, bestaan uit etse, tekeninge en beeldhouwerk.

Deel van Johan Thom se Plate 7 (van sy Animal Series), 2013.

Die afgelope agt maande het Thom in samewerking met Willem Boshoff, Diane Victor, David Koloane en Bevan de Wet vyf groot etse gemaak. In al die werke kom aspekte van die olifantskedel na vore.

Benewens ’n stel tekeninge in houtskool en gemengde media het Thom vir die uitstalling saam met die beeldhouer Guy du Toit in brons en gemengde media gewerk.

Besoek ook die webwerf niroxarts.com.

 

Lees hierdie en ander interesante kuns stukke op: http://www.beeld.com/vermaak/2014-02-14-thom-sit-sy-animal-reeks-voort

Foto: http://www.goodman-gallery.com/exhibitions/342

2018-10-23T17:07:43+00:00