fbpx

UK vereer Kentridge

Die Burger:

 

Die Universiteit van Kaapstad (UK) gaan vanjaar ’n eredoktorsgraad toeken aan die Suid-Afrikaanse visuele kunstenaar William Kentridge uit erkenning vir sy betekenisvolle bydrae tot die kunste.

Die veelbekroonde Kentridge is een van die bekendste plaaslike kunstenaars van sy gene­rasie, en hy geniet ook heelwat aansien internasionaal.

William Kentridge Foto: John Hogg

Sy visuele kuns en verhoogproduksies is al oor die wêreld heen gesien, en die vele pryse wat aan hom toegeken is, sluit in die Carnegie-medalje, die ­Kyoto-prys en die Commandeur des Arts et des Lettres.

Kentridge het deur die jare ook aansien verwerf as kenner van, en spreker oor, ­visuele kuns en plaaslike en internasionale politiek. Hy is onlangs genooi om die ­Norton-lesings in Harvard te lewer.

 

Lees hierdie en ander kuns stukke op: http://www.dieburger.com/vermaak/2014-03-23-uk-vereer-kentridge

2018-10-23T17:08:51+00:00