Van der Merwe-beeldhouwerke te sien

Die Burger:

 

’n Tentoonstelling van werke uit die ateljee van die beeldhouer Caroline van der Merwe (1932-2012) duur van 17 tot 30 April in The Studio in Kalkbaai. Die amptelike opening is op 19 April om 18:00.

Die tentoonstelling sluit in talle van haar beeldhouwerke in marmer, brons en keramiek, asook tekeninge en etse.

Caroline van der Merwe Foto: ROOI ROSE

Sy het kuns gestudeer aan die Michaelis-kunsskool in Kaapstad, en in 1983 verhuis na die Italiaanse dorp Pietrasanta, ’n wêreldbekende beeldhousentrum.

Haar werk is aanvanklik deur Brancusi en Henry Moore geïnspireer, maar sy het later ’n meer realistiese styl gevolg in haar ondersoeke na die menslike liggaam, veral die manlike figuur, maar later ook vrouevorms. Haar laaste werke was aan die aartsengele toegewy.

In 1995 is ’n groot oorsigtentoonstelling van haar werk in die Sasol-museum op Stellenbosch aangebied. In 1999 het sy ’n eerste prys vir beeldhoukuns in Pavia, Italië, in die Europremio-kompetisie ontvang.

 

Lees hierdie en ander interesante kuns stukke op: http://www.dieburger.com/vermaak/2014-04-08-van-der-merwe-beeldhouwerke-te-sien

2014-04-10T00:00:00+00:00