Wenner van ENB-kunsprys aangekondig

Beeld:

 

Portia Zvavahera is aangewys as die wenner van Eerste Nasionale Bank (ENB) se kunsprys wat op die Joburg Art Fair (JAF) oorhandig word.

Die prysgeld is R100000.

Sy kry ook die geleentheid om werk te vertoon op die JAF.

Portia Zvavahera

Zvavahera (29) is in Zimbabwe gebore. Sy het dié land verlede jaar op die Venesiese Biënnale verteenwoordig.

Haar werk is vroeër vanjaar vertoon in die Stevenson-galery in Kaapstad.

Die beoordelaars was Gabi Ngcobo en Simon Njami.​

 

Lees hierdie en ander interesante kuns stukke op: http://www.beeld.com/vermaak/2014-05-23-wenner-van-enb-kunsprys-aangekondig

Foto van Facebook af.

2014-05-26T00:00:00+00:00